Die Wes-Kaapse regering wil bestuur van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl by die nasionale regering oorneem. Die DA sê hy sal enige voorgestelde verandering aan die naam van die monument teenstaan. Volgens die party het die provinsiale regering reeds met die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa in gesprek getree, om te versoek dat die provinsie die bestuur van die monument oorneem. Talle Afrikaanse kunstenaars, politici en ander belanghebbendes het vanoggend in die Paarl in die Boland betoog oor die behoud van die woord ‘Afrikaans’ as deel van die monument se naam.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×