Die Westelike Provinsie pak die Haaie in Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd sonder Steven Kitshoff

Die Westelike Provinsie pak die Haaie in Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd op Nuweland sonder die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff.

Netwerk24 berig Ali Vermaak is die loskopstut in die beginspan en Leon Lyons dek die posisie van die plaasvervangersbank af.

Luidens ’n nuusverklaring deur die WP kon Kitshoff ingevolge Covid-19-protokolle nie gekies word nie.

Die span sal aangevoer word deur Siya Kolisi,die Springbok-kaptein, wat terugkeer nadat hy die WP se laaste wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein weens Covid-19-protokolle moes misloop.

Luister na potgooie hieronder