Die departement van gesondheid het die Wetsontwerp op Tabakprodukte weer aan die portefeuljekomitee oor gesondheid voorgelê.

Aldus die departement is dit nie ‘n poging om tabakprodukte en rook in Suid-Afrika heeltemal te verban nie.

Die wetsontwerp het wel ten doel om toegang tot hierdie produkte uiters streng te beperk, en om kinders en nie-rokers teen blootgestelling te beskerm.

BusinessTech berig daar word voorgestel dat slegs gesondheidswaarskuwings op sigaretboksies gedruk mag word. ‘n Algehele verbod op die uitstal van tabakprodukte by betaalpunte word ook in die wetsontwerp vervat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×