Die Winburg-landdroshof in die Vrystaat het twee mans tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir die besit van en handel in dwelms.

Die beskuldigdes is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem.

Dit was nadat beamptes inligting oor dwelmhandelbedrywighede ontvang het en ‘n aksieonderneming op die N1 Nasionale Pad buite Winburg gehou is.

Hulle is in twee afsonderlike voertuie in besit gevind van 15 sakke dagga, wat byna 350 kilogram weeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×