Amerika beskou nie Brics lande as ‘n soort geopolitieke teenstander van
Amerika of enige iemand anders nie. So het die nasionale veiligheidsadviseur van die Withuis, Jake Sullivan gereageer op die Brics-beraad wat die week in Suid-Afrika gehou is. Sullivan het die week tydens die daaglikse  Withuis-mediakonferensie gesê die Brics lande in sy huidige vorm met die demokratiese Brasilië, Indië en Suid-Afrika asook die outokratiese Rusland en China, is ‘n versameling van uiteenlopende lande met verskillende sienings oor die Indo-Stille Oseaan streek, die oorlog in die Oekraine en ander kwessies. Hy het gesê die withuis sal aanhou werk aan die sterk, positiewe verhouding met Brasilië, China en Suid-Afrika en voortgaan om sy verhouding met China te bestuur asook om Russiese aggressie teen te staan. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×