Die Wits-universiteit sê hy sal vandag sy werksaamhede hervat

Die Wits-universiteit sê hy sal vandag sy werksaamhede hervat ondanks oproepe deur studentegroepe dat alle tersiêre instellings landwyd tot stilstand gebring moet word.

Volgens Wits se woordvoerder, Shirona Patel, het die universiteit se bestuur vergader en sal na verwagting by die rektore van die meer as 20 ander openbare universiteite aansluit om aandag te skenk aan die studente se eise.

Soos vroeër berig sluit die eise in dat die akademiese jaar tot 30 Maart uitgestel word en dat alle
studente mag registreer, ongeag of hulle die instelling geld skuld.

Luister na potgooie hieronder