Die geblikte pilchards waarop daar tydens ‘n polisieklopjag in Johannesburg-Suid in Gauteng beslag gelê is, is nie egte Lucky Star sardientjies nie.

Volgens die ingemaakte vis-handelsmerk het ondersoeke bevestig dat die etikette vervals is. Die vervalste produkte is in Woolworth bokse verpak, na hul vervaldatums verstryk het.

Woolworths vermoed die sardientjies kom van ‘n internasionale verskaffer wie se besending afgekeur is, aangesien dit nie aan hul gehaltestandaarde voldoen het nie. Die saak word tans ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!