Die wynorganisasie, VINPRO, se dringende aansoek om die verbod op alkohol verkope op te hef gaan eers aanstaande week aangehoor word

Die wynorganisasie, VINPRO, se dringende tussentydse aansoek om die verbod op die verkoop van alkohol op te hef, wat aanvanklik vandag in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor sou word, gaan eers aanstaande week aangehoor word.

Luidens berigte is ‘n nuwe datum nog nie bepaal nie.

Dit volg nadat wynverkope weens Vlak Vier inperkingsmaatreëls verbied is.

Volgens die regering se regsverteenwoordigers stem alle partye saam dat dit ‘n dringende saak is.

Die besturende direkteur van VINPRO, Rico Basson, sê die vorige verbod het vernietigende gevolge vir die wynen toeristesektor gehad.

Die bedryf verskaf werk aan bykans 270 000 mense.

Luister na potgooie hieronder