Die wysigingswetsontwerp op wapenbeheer is nog nie voor die parlement gelê nie

Meer as 100-duisend geskrewe voorleggings is ontvang oor die wysigingswetsontwerp op wapenbeheer, maar die wetsontwerp is nog nie voorgelê aan die portefeuljekomitee oor Polisie in die parlement nie.  Talle politieke partye is van mening dat hierdie vertraging groot onsekerheid veroorsaak. Een van die bepalings wat sterk gekritiseer word, is dat lisensieaansoeke nie op grond van selfverdediging goedgekeur mag word nie. Die DA-parlementslid, Andrew Whitfield, sê dit is ‘n drakoniese stuk wetgewing en die minister behoort die wetsontwerp onmiddellik terug te trek

Luister na potgooie hieronder