‘n Ondersoeker van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, of S.A.I.D, het gister as die eerste getuie in die opspraakwekkende Estina-bedrogsaak in die hof verskyn.

Piet Swart sal na verwagting vandag sy getuienis in die Pretoria-landdroshof voortsit.

Swart het getuig oor die inklaringsvoorlegging wat verband hou met nege skeepsvraghouers.

Dié houers sou na bewering suiweltoerusting van Gateway Limited in die Verenigde Arabiese Emirate vervoer het. Estina, die maatskappy wat sentraal tot dié hoëprofiel-korrupsiesaak staan, is onder likwidasie.

Daar het na bewering R228 miljoen vanaf die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat, na die Guptas se geldkoffers gevloei.

Die beskuldigdes staan onder meer tereg op aanklagte van diefstal, bedrog en/of korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×