Die Zondo-kommissie gaan Malema se bankrekeninge bestudeer

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, hou vol dat hy niks het om weg te steek nie.

Dit volg nadat die Zondo-kommissie aangekondig het dat hy voornemens is om Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, se bank-rekords te bestudeer.

Die ondersoek hou blykbaar verband met ‘n verklikker se verslag oor ‘n aantal staatskontrakte waarby Malema en sy adjunk na bewering betrokke was.

Die kommissie het versoek om Malema, sy vrou en alle maatskappye waarby hy betrokke is se finansiële rekords te sien.

Malema het aan die Sunday Times gesê hy is nie bewus van enige dagvaardigings in verband met sy rekeninge nie.

Luister na potgooie hieronder