Die Zondo-kommissie poog vandag om meer vordering te maak in sy ondervraging van Dudu Myeni

Die Zondo-kommissie poog vandag om meer vordering te maak in sy ondervraging van die voormalige voorsitter van die SAL, Dudu Myeni.

Gister het die kommissie nie veel wysgeword nie omdat Myeni haar op haar swygreg beroep het en nie vrae oor die SAL beantwoord het nie.

Sy het aan die Kommissie gesê sy kan nie die vrae beantwoord nie omdat sy bang is sy word deur die Nasionale Vervolgingsgesag in hegtenis geneem.

Sy hou vol dat die burgerregtegroep Outa en die Vlieëniersvereniging die inligting wat voor die Zondo-Kommissie aan die lig gekom het, gebruik het om haar as onbevoegde direkteur te laat verklaar.

Luister na potgooie hieronder