Die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, is tans weer in sitting

Die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, is tans weer in sitting.

Die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown getuig onder meer vandag oor Denel-verwante kwessies, en die voormalige minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo sal getuienis lewer oor staatsveiligheid.

Na verwagting sal die voormalige minister, Malusi Gigaba, se aansoek ook aangehoor word om sy vervreemde vrou, Noma Gigaba te kruisondervra.

Sy sal getuienis lewer wat met die Guptas verband hou.

Die sitting het vanoggend om nege-uur reeds begin.

Luister na potgooie hieronder