Diefstal van lewendehawe is aan die toeneem en hierdie misdaad kan boerderye laat knak. Volgens Ben Almero, hoof van National Crime Assist, en veediefstal-kenner, moet alle rolspelers saamstaan om veediefstal te bekamp en om die misdadigers aan die pen te laat ry. Spanwerk het onlangs gesorg dat vyf vermeende veediewe in die Thaba Nchu omgewing buite Bloemfontein in hegtenis geneem is. Almero het gesê dat drie van die vyf verdagtes onwettige immigrante is. Bly ingeskakel vir vanoggend se Soeklig, wanneer Almero meer lig op die bekamping van veediefstal werp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×