Vandalisme, diefstal en die gepeuter met of diefstal van transformators by Eskom vererger voorvalle van diefstal. Dit was ‘n antwoord aan dr Mimmy Gondwe, DA woordvoerder oor openbare ondernemings op ‘n parlementêre vraag waarin dit blyk dat daar die afgelope vyf jaar meer as 44-duisend voorvalle van die diefstal van transformators en ander elektriese infrastruktuur by Eskom aangemeld is.

Netwerk 24 berig Gondwe het gesê dit verteenwoordig 24 voorvalle van diefstal en vandalisme per dag die afgelope vyf jaar. Transformators is duur en noodsaaklik vir kragverspreiding. Dit veroorsaak bykomende kragonderbrekings buiten beurtkrag. Die provinsies wat die ergste geraak word deur die vernietiging van infrastruktuur is Limpopo, die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×