Protesoptredes deur die inwoners van Steynsrus teen swak dienslewering het opgevlam nadat ‘n groep inwoners ‘n vragmotor aan die brand gesteek het.
Die woordvoerder van die polisie, sersant Peter Kareli, sê ontevrede inwoners het Woensdagaand die R76 versper en ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Kareli sê lede van die polisie se eenheid vir openbare orde was op die toneel en het die betogers uiteengejaag.
Die protesaksie teen dienslewering het in Januarie begin toe paaie by alle in- en uitgange van die dorp deur brandende bande versper is. Die betogings het Dinsdag weer opgevlam en twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle die polisie met klippe bestook het.
Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn vir klagtes wat verband hou met openbare geweld.
1 Comment
Comments are closed.