Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie stel Dinsdag amptelik sy ondersoekverslag oor die stand van dienslewering op plaaslike regeringsvlak in die Vrystaat bekend.
Die Menseregtekommissie sê die plaaslike regeringsfeer het ’n wetlike mandaat om verskeie dienste te verskaf, wat onder meer water, sanitasie, elektrisiteit en vullisverwydering insluit.
Die kommissie sê dat dit die afgelope jare verskeie klagtes oor swak dienslewering in die provinsie ontvang het.
Terselfdertyd het die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangekondig dat die Mangaung 10111-noodlyne in Bloemfontein buite werking is, maar dat daar tans daaraan gewerk word.
Verder sal inwoners van Hilton Dinsdag ‘n beplande kragonderbreking ervaar van 09:00 tot 16:00.
Volgens Centlec is die onderbreking te wyte aan onderhoud en opgraderings aan die netwerk.