Volgens die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, kan verbruikers ‘n bietjie verligting verwag wanneer dit by elektrisiteitstariefverhogings kom.
ENCA berig dit is te danke aan Eskom wat nou minder op diesel aangewese is om sy elektrisiteitsvereistes na te kom. Ramokgopa voeg by dat Eskom die afgelope sewe maande ‘n massiewe 12 miljard rand aan dieselkoste bespaar het.
Volgens sy voorlegging gister oor onafhanklike kragprodusente is die doel nou om van Eskom ‘n doeltreffende elektrisiteitsopwekker te maak.