Die vliegtuig met Malawi se adjunkpresident Saulos Klaus Chilima, het moontlik in ‘n digte woud neergestort. Dít aldus die Malawiese weermag, wat sê soek- en reddingsoperasies word deur erge mis belemmer. Volgens Reuters was Chilima een van tien passasiers aan boord van ‘n militêre vliegtuig, wat gister by die hoofstad, Lilongwe, opgestyg het.

Die vliegtuig was moes by die Mzuzu-lughawe land, maar is weens swak sigbaarheid, beveel om na die hoofstad terug te keer. Kort hierna is kontak tussen die vliegtuig en lugvaartowerhede verbreek. Die soektog duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×