Die regering het besluit om al sy diplomate wat in Tel Aviv in Israel is, te herroep weens Israel se optrede teen Palestina. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het dit vanoggend op ‘n nuuskonferensie bekendgemaak, berig Netwerk 24. Ntshavheni het verwys na ‘n kabinetsvergadering verlede week waartydens die aangeleentheid bespreek is. Sy het gesê die herroeping van die diplomate stuur ‘n “ernstige sein” dat die regering dit wat nou in daardie deel van die wêreld aangaan, afkeur. Sy het gesê nog ‘n holocaust in die geskiedenis is onaanvaarbaar. INTUSSEN, het die minister van openbare betrekkinge en samewerking gesê die slagting en lyding van die mense in Palestina herinner aan gebeure in Suid-Afrika onder apartheid. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×