Diplomatieke samewerkingspogings word nou verskerp om gyselaars te bevry wat deur die Palestynse militante-groep, Hamas aangehou word.

BBC berig dat besprekings begin is deur die Golfstaat Katar, waar sommige van Hamas se politieke leiers gesetel is. Israel en Hamas het egter enige gyselaarsonderhandelinge ontken.

Israel sê Hamas-militante se taktiek is nié ‘n oorlog nie, dit is “‘n bloedige mense- slagting.”

Meer as ‘n duisend mense is reeds dood sedert Hamas die afgelope naweek ‘n aanval op Israel geloods het.

Hamas het sedertdien glo reeds meer as 100 mense gyselaar geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×