Die kommunikasiedirekteur van die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid, Siyanda Manana, word vir beweerde wanadministrasie ondersoek.

Die ondersoek spruit voort uit ‘n beskuldiging in 2021, toe die woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Sizwe Kupelo, Manana van nepotisme, onreëlmatige aanstellings en beursbedrog beskuldig het.

Kupelo het ook ‘n beroep op die Openbare Beskermer gedoen om die bewerings te ondersoek. Die tesourie verwag om die ondersoek teen die einde van die maand te voltooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×