Die Instituut van Direkteure in Suid-Afrika, doen ‘n beroep op direksies van maatskappye om reg aan aandeelhouers te laat geskied, deur behoorlike ondersoeke te doen voordat direksielede aangestel word.
Dít kom nadat die ekonoom Thabi Leoka, lid van die Presidensiële Ekonomiese Adviesraad, na bewering oneerlik was oor ‘n doktorsgraad van die London School of Economics.
Die instituut se hoofuitvoerendebeampte, Parmi Natesan, het aan Business Day gesê die Leoka-aangeleentheid dui op onvoldoende keuringsprosesse.
Natesan waarsku dat markvertroue lam gelê kan word indien daar nie behoorlike ondersoeke gedoen word voordat direksielede aangestel word nie.