Dit is reeds bykans drie jaar sedert die 22-jarige Brendin Horner by ‘n plaashek naby Paul Roux vermoor is, maar steeds is niemand tot dusver vir sy moord gevonnis nie.
Volgens Vrystaat Landbou is 54 mense die afgelope vier jaar op plase in die Vrystaat vermoor.
Die organisasie sê gedurende hierdie tydperk is slegs vyf mense aan moord op die oorledenes skuldig bevind.
Die Valke het die saak ondersoek, nadat dit aan die lig gekom het dat polisiebeamptes na bewering by Horner se moord betrokke was.
Hierdie ondersoek is volgens netwerk24 reeds ‘n jaar gelede afgehandel.