Die 140ste jaarlikse Bloemskou in Bloemfontein is ‘n ware fees van kleur, klank, pret en plesier, met besoekers wat van oor die land heen na die oudste landbouskou in die land stroom.
Sedert Donderdag het meer as 40 000 mense reeds deur die hekke gestap om hierdie belewenis mee te maak.
Rosestad 100.6 FM is trotse mediaborg vir een van die hoogtepunte op vanjaar se skoukalender.
Die immer gewilde Bok van Blerk gaan om agt-uur vanaand die Coca-Cola-verhoog behoorlik laat dreun.
Volgens Rosestad se algemene bestuurder, Bernie Naudé, is dit van uiterse belang, en boonop ‘n groot lekkerte, vir die stasie om Afrikaanse kunstenaars soos Bok te kan ondersteun – op die lug en ook met optredes soos dié van vanaand.
Naudé, het gesê dit is ‘n voorreg om weer vanjaar hande met Bloemskou te vat, en ook om daagliks regstreeks van die skou af uit te saai.