Eskom mag nou met kragtariefverhogings in 2024 sowat R8 miljard van verbruikers verhaal. Die Nasionale Energiereguleerder sê met hersiening is dit bevestig dat sy berekening oor Eskom-tariefverhogings vir die 2021-22 boekjaar te laag was.
Hierdie wending kan daartoe lei dat aanstaande jaar se voorgestelde verhoging van 36%, bes moontlik werklikheid sal word. Daar is ook sprake dat dit selfs met nog vier persentasiepunte opgeskuif kan word.