Dit is Woensdag presies elf jaar sedert Reeva Steenkamp deur Oscar Pistorius in sy Silverwood-huis in Pretoria, doodgeskiet is.

Die paralimpiese atleet het gedurende sy moordverhoor – wat internasionaal opslae gemaak het – aangevoer hy het gedink daar was ‘n inbreker agter die geslote badkamerdeur. Wanneer June Steenkamp vandag haar ontslape dogter se nagedagtenis eer, sal dit sonder Reeva se pa, Barry wees.

Barry is in September verlede jaar in sy slaap dood. Vriende en familie sal vandag, soos elke Valentynsdag sedert haar dood, op Pollokstrand in die Baai, hulde aan Reeva bring. Dit is ook hier waar Reeva se as gestrooi is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×