Indien jy oor 12 maande heen, ‘n bedrag per maand verdien wat gemiddeld meer is as ongeveer as R21 000, sal jy vanaf 1 April nie op oortydbetaling kan aandring nie.

Netwerk24 berig Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, het die nuwe drempel bekend gemaak vir mense wie se maksimum werkure en oortydbetaling deur die
Wet op Basiese Diensvoorwaardes gereguleer word. Die kerf is met 5,5% verhoog tot R254 371 per jaar. Dit is voor enige aftrekkings soos vir inkomstebelasting of mediesefonds-bydraes.

Bestaans- en vervoertoelaes, prestasiebonusse en oortydbetaling is egter nié deel van die inkomste wat vir die drempel in ag geneem word nie. Indien jou werkskontrak bepaal dat jy op oortydbetaling geregtig is, dan bly dit die geval, ongeag die bedrag van jou maandelikse gemmiddeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×