Die ANC het eers ‘n probleem met die uMkhonto weSizwe (MK)-party ontwikkel nadat oudpresident Jacob Zuma sy steun in Desember aan die nuutgestigte party toegesê het.

Advokaat Dali Mpofu, wat die MK-party verteenwoordig teen die ANC se aansoek om die party se registrasie vir die verkiesing nietig te laat verklaar, sê die ANC sélf het daarvoor gesorg dat dit ‘n dringende aansoek geword het. Volksblad berig by monde van advokaat Sesi Baloyi, is die MK-party se eerste aansoek vir registrasie van die hand gewys, aangesien dit nie aan sekere bepalings van die Kieswet voldoen het nie.

Die party se tweede een is wel aanvaar. Die aansoek is gister by ‘n sitting van die verkiesingshof in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor. Die hof het uitspraak voorbehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×