Die renosterbevolking in Afrika het verlede jaar vir die eerste keer sedert 2021 gegroei. Die goeie nuus kom op Wêreld-renosterdag vandag met die Internasionale Bewaringsunie (IUCN) wat gesê het dit is die eerste bietjie goeie nuus in ‘n dekade. AFP berig daar was teen einde 2022 byna 23 300 renosters op die vasteland, 5,2 persentasiepunte meer as in 2021. Die IUCN het verder gesê inligting van verskeie Afrikalande is ingesamel wat wys swart renosters se getalle het met 4,2% gegeroei tot 6-duisend 487. Witrenosters se getalle het met 5.6% tot 16-duisend 803 toegeneem, die eerste positiewe groei sedert 2012. Die IUCN het gesê 550 rensters is in 2022 dood weens stropery, waarvan die meeste in Suid-Afrika. Tagtig persent van die wêreld se renosters word in Suid-Afrika aangetref en dat stropers toenemend private wildplase teiken.
