Dis nie elke dag dat die besit van ‘n onkruiddoder iemand se tjank af trap en boonop in die tjoekie laat beland nie.

Twee mans, wat nie die onkruiddoder, ter waarde van meer as vier mijoen rand, in hul besit kon verklaar nie, wag nou agter tralies totdat hulle hul opwagting in die landdroshof op Odendaalsrus in die Vrystaat moet maak.

Die verdagtes, wie albei 40 jaar oud is, is net buite Odendaalsrus voorgekeer.

By nadere ondersoek het die polisie op 90 dromme van twintig liter elk, vol onkruiddoder afgekom.

Die verdagtes was skynbaar op pad om die dromme aan ‘n koper in Welkom te gaan verkwansel.

Daar is ook later op nog 14 dromme van die onkruiddoder by een van die verdagtes se huis gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×