Afdelings van Nasionale Gesondheidswet wat mag gee aan die staat om te bepaal waar mediese praktisyns mag werk, is in ‘n hooggeregshofuitspraak as ongrondwetlik verklaar.
Die vakbond Solidariteit, en verskeie onafhanklike mediese praktisyns, het die saak hof toe geneem. Doktor Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die uitspraak is van groot belang, in die stryd teen die nuwe Wet op Nasionale Gesondheidsversekering.