Dis oorlog daarbuite, het Wahl Bartman, uitvoerende hoof van Fidelity gesê nadat 16 personeellede van die veiligheidsmaatskappy sedert Maart vanjaar in transito-rooftogte doodgeskiet is. Meer as vyftig veiligheidsbeamptes is gewond. Bartman het gesê die maatskappy probeer aanvalle voorkom deur helikopters te gebruik en personeel beter wapens te gee, maar die geveg is teen misdadigers wat beter beplan en selfs transito-voertuie op hoofweë teiken. Dr Chris de Kock, ‘n onafhanlike geweld-en-misdaad-ontleder, het gesê slegs beter intelligensiewerk van die polisie en die gebruik van mees gevorderde tegnologie in die vervoer van geld, sal die rooftogte laat afneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×