Hoewel die parlementêre komitee oor kommunikasie en digitale tegnologie die verbeterde finansiële stand van die Suid-Afrikaanse Poskantoor verwelkom, is hy geskok om te hoor dat R3,8-miljard nodig is om likwidasie te verhoed.
Die posdiens is middel verlede jaar in sakeredding geplaas.
Sy skuld is vanaf R8,7-miljard, tot R440-miljoen verminder, nadat die posdiens verlede jaar in sakeredding geplaas is. Khusela Diko sê die parlementêre komitee sal met die poskantoor saamwerk om likwidasie te probeer verhoed.
Die sakereddingspoging het daartoe gelei dat meer as 4 000 werknemers afgedank is, en 500 takke se deure gesluit is.