Vrystaatse boere wat deur verlede jaar se verwoestende veldbrande tot op hulle knieë gedwing is, sal nie kan baat by die R44-miljoen wat as rampbestuurhulp hiervoor
geoormerk is nie.
Die Vrystaatse departement van landbou en grondhervorming, sê die geld is nie aan boere beskikbaar nie, omdat die nasionale regering nooit die provinsie tot rampgebied verklaar het nie.
Armand Cloete, lid van die Vrystaatse Wetgewer vir die VF Plus, sê die provinsie se openbare rekeningekomitee het bevestig dat dié geld nou vir ander projekte aangewend gaan word. Heerhaalde versoeke om ‘n rampgebied te laat verklaar, het op dowe ore geval.