Dit is vandag presies 60 jaar sedert wyle oudpresident Nelson Mandela lewenslank tronk toe gestuur is. Die Rivonia-verhoor het in Oktober 1963 begin, nadat ‘n groep anti-apartheidsaktiviste op ‘n plaas by Rivonia in hegtenis geneem is. Die plaas was destyds die geheime vergaderplek van die ANC se uMkhonto we Sizwe gewapende vleuel.
● Walter Sisulu, Govan Mbeki, Ahmed Kathrada, Denis Goldberg, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi en Andrew Mlangeni is die ander wat op 12 Junie 1964 tronk toe gestuur is.
● Aanklagte het verband gehou met die gebruik van plofstof, asook guerrilla-oorlogvoering met ‘n rewolusie as oogmerk, sameswering, die bevordering van kommunisme, en sabotasie. Advokate Bram Fischer en George Bizoz was deel van die regspan wat vir die verdediging opgetree het.
● Die apartheidsregering is wyd hiervoor veroordeel en die Rivonia-verhoor het aanleiding gegee tot internasionale sanksies teen Suid-Afrika.