Discovery Health Mediesefonds het die jaarlikse verhogings in ledebydraes vir 2024 aangekondig. Die skema se gemiddelde verhoging is sewe-komma-vyf persent. Die veranderinge tree in werking vanaf 1 Januarie 2024. Die Raad vir Medieseskemas het aanbeveel dat mediese fondse in die land hul prysstygings in 2024 tot vyf persent beperk. Meeste van Discovery se mediese pakkette verhoog met meer as tien persent.