Discovery maak inenting vir werknemers verpligtend

Dr. Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, het vroeër vandag aangekondig dat inenting teen Covid-19, vanaf Januarie 2022 vir alle werknemers van die groep verpligtend sal wees.

Gore het aan Netwerk 24 gesê, verpligte inenting was ‘n maandelange debat op bestuursvlak.

Discovery plaas egter klem, te alle tye, op die veiligheid van sy werknemers.

Alhoewel dit verpligtend gaan word binne die groep, sal daar deurentyd tot Januarie hard gewerk word om mense aan te moedig om hulle uit eie wil te laat inent.

Discovery het al meer as 14 000 kliënte, en meer as 20 werknemers aan Covid-19 verloor.

Luister na potgooie hieronder