Dit blyk asof die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, steeds sy mes in het vir Afrikaans.

Dít in sy nuwe definisie oor inheemse tale.

Die DA het gister gesê dat die minister Afrikaans duidelik wéér wil uitsluit en dat hy slinkse woordspeletjies in die proses speel.

Die minister het sy nuwe definisie oor inheemse tale stil-stil in die Staatskoerant in Julie gewysig.

Volgens die nuwe definisie is dit tale wat inheems aan ʼn streek of land is en deur inheemse mense gepraat word, maar dat dit slegs gemarginaliseerde tale is waarvan die gebruik en status histories ingekort is.

Kenners meen dat dit dus by definisie Afrikaans as inheemse taal steeds uitsluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×