Motoriste betaal van Woensdag af minder vir brandstof. Die nuwe brandstofpryse het om middernag in werking getree. 95 Oktaan petrol kos nou een-rand-ses sent minder, terwyl 93 oktaan petrol en diesel een rand 14 sent laer is.

Die prys van paraffien het met een-rand 48 gedaal.

SABC-nuus berig die Departement van Energie sê sedert die vasstelling van die brandstof prys tot vandag toe, was daar nie groot veranderinge in die olieprys nie wat daarop dui dat brandstofpryse moontlik aanstaande maand ook sal verlaag.

Brandstofpryse kan egter eers teen die middel van die maand beraam word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×