Die staat sal nooit onwettige mynbou stop nie omdat daar nie samewerking tussen die departement van minerale bronne en energie met die polisie is nie. So het die voorsitter van die parlement se portefeulje komitee oor minerale bronne en energie, Seth Luzipo, gistermiddag tydens ‘n mediakonferensie gesê. Die land verloor sowat R7 miljard per jaar weens onwettige mynbou en in 2019 is alleen byna R49 miljard verloor, berig Netwerk 24. Die konferensie is gehou nadat die komitee gebiede in die noordelike provinsies besoek het waar onwettige mynbou plaasvind. Luzipo het gesê die departement kry te min geld om die praktyk te stop. Sowat R143 miljoen is nodig om verwaarloosde myne te sluit en dit sal sowat 17 jaar neem. Onwettige mynbou in die Riverlea-gebied in Johannesburg, waar erge geweld onlangs uitgebreek het, is ‘n groot probleem het Luzipo gesê. Sodra ‘n mynskag op een plek gesluit word, grawe zama-zamas op ‘n ander plek ‘n nuwe gat oop. Hy het gesê die onbenutte grond moet eerder deur ontwikkelaars benut word om byvoorbeeld sonkragaanlegte te bou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×