Dit gaan beter met die een-en-tagtig-jarige Tannie Mossie van Bloemfontein nadat sy byna twee weke gelede ‘n beroerte gehad het. Barbara Steenkamp, woordvoerder van die Mediclinic in Bloemfontein het gesê Joan Abrahams het die naweek beterskap begin toon. Netwerk24 berig sy is sedert haar hospitalisasie in ‘n stabiele toestand. Abrahams is Donderdag van die waakeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas. Sy is sedert 11 April na die beroerte in haar huis in Westedene in die hospitaal. Steenkamp het gesê die geliefde Tannie Mossie se familie versoek steeds dat sy geen ander besoekers in hierdie stadium ontvang nie. Hierdie reëling mag dalk verander wanneer sy na ‘n gewone saal oorgeplaas word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×