Dit gaan effens beter met die 68-jarige Oos-Vrystaatse boer, Abie Viljoen, nadat hy Vrydag ernstig beseer is toe twee aanvallers hom met klippe gegooi het.

Viljoen het onder meer ernstige kop- en gesigbeserings opgedoen, en drie van sy ribbes is ook gebreek.

Hy is Vrydagaand deur twee onbekende mans by sy plaashek in die Fouriesburg-omgewing ingewag en met klippe bestook.

Die verdagtes het met sy Isuzu-bakkie, ’n vuurwapen en kontant op die vlug geslaan.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Volksblad berig dit is die tweede plaasaanval in die Oos-Vrystaat in minder as ‘n maand.

Mike Pattinson van die plaas Summerslie by die Sterkfonteindam, se liggaam is Maandag in Qwaqwa gevind, nadat hy vroeër van sy plaas verdwyn het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×