Die minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat dit 75-miljoen rand gekos het om die onlangse Brics-beraad wat in Augustus in Johannesburg plaasgevind het, te beveilig. Dié bedrag is net vir die polisiebeamptes wat tydens die beraad ontplooi is. Die minister sê dat meer as vyfduisend-200 polisiebeamptes vir die beraad ontplooi is, saam met 726 polisievoertuie. Hy het gereageer op ʼn parlementêre vraag oor die kwessie. Intussen sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, doktor Naledi Pandor, dat die totale koste van die beraad nog bereken moet word.