Die waarnemende kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, moet vandag sy besluit bekendmaak of oudpresident Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe al dan nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat die mediese parool waarop Zuma vroeg vrygelaat is, tydens ʼn 15-maade tronkstraf, onwettig was. Die oudpresident het slegs twee maande van sy vonnis in die tronk deurgebring. Die hofuitspraak het dit aan Thobakgale oorgelaat om te besluit of die tyd wat Zuma aan mediese parool bestee het, steeds as tyd uitgedien moet tel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×