PlayStations, selfone, televisiestelle… dit is van die items wat in die “Sun City” tronk tydens ‘n klopjag gekry is.
Makgothi Samuel Thobakgale, hoof van die Departement van Korrektiewe Dienste het tydens die klopjag by die die Johannesburgse korrektiewe sentrum, ook bekend as Sun City, het gesê dat amptenare antwoorde moet verskaf, eenheidsbestuurders moet rekenskap gee en sekuriteit moet opgeskerp word.
IOL berig verder dat Thobakgale vroeër Donderdag die in hegtenisname van twee amptenare by die Ermelo korrektiewe fasiliteit verwelkom het. Die twee amptenare is tydens ‘n verrassingssoektog gevang toe hul gepoog het om dagga en ‘n selffoon die fasiliteit binne te smokkel. Hul staan nou op strafregtelike klagtes tereg en die departement het met dissiplinere prosedures begin.