Die Valke se hoof, luitenant-generaal Godfrey Lebeya, sê die misdaadondersoekdepartement het meer fokus en optrede op dwelm- en bedrogsake geplaas. Lebeya het vanoggend ‘n opdatering verskaf oor operasies wat die afgelope maand uitgevoer is om misdaad te bekamp na ‘n toename in afpersings.
Hy sê misdadigers het nou hul toevlug tot die vervaardiging van dwelms geneem, soos wat by ‘n dwelmlaboratorium in Groblersdal in Limpopo gesien is.
Lebeya sê misdade soos bedrog is ook ‘n topprioriteit.