Die Valke het ʼn deurbraak in hul ondersoek na die aanlyn verkoop van die 2024-matriekuitslae gemaak. ʼn 21-jarige verdagte is by sy ouerhuis, in Hilcrest – noord van Johannesburg, in hegtenis geneem.
Maroela Media het vroeër berig ‘n privaat maatskappy, Edumarks, het die naweek op sosialemedia en op hul webwerf gesê dat die matriekuitslae, wat eers Dinsdag amptelik beskikbaar was – toe al reeds deur hulle bekom kon word.
Matrieks moes glo net ʼn bedrag van R100 betaal om hul matriekuitslae vóór die amptelike en gratis bekendstelling daarvan te ontvang. Die departement van basiese onderwys het oor die naweek ‘n klagte by die polisie ingedien, waarna die Valke met ʼn ondersoek begin het.