Dit is niks minder nie as reg, dat sekere staatshospitale van beurtkrag gevrywaar word, maar daar is ook ander instansies, soos byvoorbeeld versorgingseenhede vir verswakte bejaardes, waar gebrekkige kragvoorsiening die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

Volgens die minister van gesondheid, dokter Joe Phaahla, word 72 staatshospitale in die land tot dusver van voortslepende beurtkrag gevrywaar.

Hy het Maandag gesê dat nog hospitale by die lys gevoeg sal word.

Versorgingseenhede vir bejaardes blyk egter oor die hoof gesien te word.

Bly net hierna ingeskakel vir Rosestad-Soeklig, wanneer die harde werklikheid van die uitwerking van beurtkrag op die versorging van verswakte bejaardes bespreek word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×