Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, moes gister in die Nasionale Raad van Provinsies bontstaan toe hy gepeper is met vrae oor die kragkomitee. Hy wou nie sy mening lug oor of ʼn parlementêre ad hoc-komitee gestig moet word om toesig te hou oor die nasionale energiekrisiskomitee nie. Hy het wel genoem dat hy ʼn voorstander is van verantwoordbaarheid. Sou so ʼn komitee gestig word, sal dit moet toesig hou oor die nasionale energiekomitee en die inwerkstelling van die planne om die energiekrisis op te los.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×